Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gebreklik
gebreklik [boodskap #142080] Do, 08 Junie 2023 18:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gebreklik
Afbreking: ge•brek•lik
Samestelling: gebrek + -lik


Byvoeglike naamwoord: gebreklik
Vergrotende trap: gebrekliker
Oortreffende trap: gebreklikste
Attributief: gebreklike
Partitief: gebrekliks

Betekenis:
• Wat 'n liggaamlike gebrek het (soos 'n persoon of dier wat mank, kreupel of verlam is).

Gebruik:
• Die seun se linkerhand is gebreklik.

Sinoniem:
• mismaak
• misvorm
• wanskape

Afgelei:
• gebreklikheid

Vertaling:
Engels: crippled, disabled, deformed, lame
Nederlands: gebreklik

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

Vorige onderwerp: anorganies
Volgende onderwerp: leeuin
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Nov 27 20:41:26 MGT 2024