anorganies [boodskap #142079] |
Do, 08 Junie 2023 18:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
anorganies
Afbreking: an•or•ga•nies
Samestelling: an- + organies
Byvoeglike naamwoord: anorganies
Attributief: anorganiese
Betekenis:
• (biologie) Wat nie van lewende organismes (plante en diere) afkomstig is nie.
• (skeikunde) Wat nie koolstof- of waterstofione bevat nie.
Gebruik:
• Metale, soute, klippe en sand is anorganies van aard.
• Bytsoda (natriumhidroksied) is 'n anorganiese verbinding.
Sinoniem:
• nie-lewend
• leweloos
Antoniem:
• organies
Afkorting:
• anorg.
Vertaling:
Engels: inorganic
Nederlands: anorganisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|