Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gesout
gesout [boodskap #142072] Wo, 07 Junie 2023 15:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gesout
Afbreking: ge•sout
Samestelling: ge- + sout


Byvoeglike naamwoord: gesout
Attributief: gesoute

Betekenis:
• Wat met sout bestrooi is; gepekel.
• Onvatbaar vir siekte omdat 'n mens dit reeds gehad het; immuun; gehard; onvatbaar.
• Wat bekwaam en ervare is; bedrewe.

Gebruik:
• Die bokkoms is kwaai gesout.
• Sy is gesout teen gordelroos.
• Hy is 'n gesoute elektrisiën.

Antoniem:
• ongesout

Afgelei:
• ingesout

Vertaling:
Engels: salted; immunised; seasoned
Nederlands: gezouten


Werkwoord: sout
Verlede tyd: het gesout

Betekenis:
• Verlede tyd van sout.

Gebruik:
• Het jy die vleis gesout?

Vertaling:
Engels: salted, cured
Nederlands: gezouten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Jood
Volgende onderwerp: matriarg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Nov 27 20:37:24 MGT 2024