huiwerig [boodskap #142047] |
Mon, 05 June 2023 16:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
huiwerig
Afbreking: hui•we•rig
Samestelling: huiwer + -ig
Byvoeglike naamwoord: huiwerig
Vergrotende trap: huiweriger
Oortreffende trap: huiwerigste
Attributief: huiwerige
Betekenis:
• Met huiwer; effens bang, onseker en versigtig.
Gebruik:
• Dit was al laat en sy was huiwerig om die deur oop te maak.
Sinoniem:
• aarselend
• agterdogtig
• angstig
• bangerig
• besluiteloos
• bevrees
• halfhartig
• kleingelowig
• lugtig
• onseker
• skaam
• skepties
• skrikkerig
• skugter
• sku
• twyfelend
• twyfelmoedig
• versigtig
• weifelend
Afgelei:
• huiwerigheid
Vertaling:
Engels: hesitating, reluctantly, afraid, shivery
Nederlands: huiverig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|