Leksikograaf Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die Weegskaal (Libra).Weegskaal
Afbreking: Weeg•skaal
Samestelling: Weeg + skaal
Eienaam: Weegskaal
Betekenis:
• (astronomie) 'n Sterrebeeld van die diereriem met simbool ♎︎.
• (astrologie) Die 7de van die 12 sterretekens van die diereriem, of iemand gebore wanneer die Son in die teken is.
Gebruik:
• Die Weegskaal kan gesien word tussen regte klimming 14u18m en 15u59m en tussen deklinasie −30° en 0°.
• Jy is 'n Weegskaal as jy van ongeveer 23 September tot 23 Oktober gebore is.
Vertaling:
Engels: Libra
Nederlands: Weegschaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.