Leksikograaf Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Kreef
Afbreking: Kreef
Eienaam: Kreef
Betekenis:
• (astronomie) 'n Sterrebeeld van die diereriem met simbool ♋︎.
• (astrologie) Die 4de van die 12 sterretekens van die diereriem, of iemand gebore wanneer die Son in die teken is.
Gebruik:
• Die Kreef kan gesien word tussen regte klimming 7u53m en 9u19m en tussen deklinasie +7° en +33°.
• Jy is 'n Kreef as jy van ongeveer 21 Junie tot 23 Julie gebore is.
Vertaling:
Engels: Cancer
Nederlands: Kreeft
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.