Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Tweeling
Tweeling [boodskap #141994] Sat, 03 June 2023 10:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die Tweeling (Gemini).
Die Tweeling (Gemini).
Tweeling
Afbreking: Twee•ling


Eienaam: Tweeling

Betekenis:
• (astronomie) 'n Sterrebeeld van die diereriem met simbool ♊︎.
• (astrologie) Die 3de van die 12 sterretekens van die diereriem, of iemand gebore wanneer die Son in die teken is.

Gebruik:
• Die Tweeling kan gesien word tussen regte klimming 5u57m en 8u06m en tussen deklinasie +10° en +35°.
• Jy is 'n Tweeling as jy van ongeveer 21 Mei tot 21 Junie gebore is.

Sinoniem:
• Gemini

Vertaling:
Engels: Gemini
Nederlands: Tweelingen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Bul
Volgende onderwerp: Kreef
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Dec 28 09:39:22 UTC 2024