Leksikograaf Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Bul
Afbreking: Bul
Eienaam: Bul
Betekenis:
• (astronomie) 'n Sterrebeeld van die diereriem met simbool ♉︎.
• (astrologie) Die 2de van die 12 sterretekens van die diereriem, of iemand gebore wanneer die Son in die teken is.
Gebruik:
• Die Bul kan gesien word tussen regte klimming 3u20m en 5u58m en tussen deklinasie 0° en +31°.
• Jy is 'n Bul as jy van ongeveer 20 April tot 21 Mei gebore is.
Sinoniem:
• Stier
Vertaling:
Engels: the Bull, Taurus
Nederlands: Stier
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.