Leksikograaf Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Ram
Afbreking: Ram
Uitspraak: /rɑm/
Eienaam: Ram
Betekenis:
• (astronomie) 'n Sterrebeeld van die diereriem met simbool ♈︎.
• (astrologie) Die 1ste van die 12 sterretekens van die diereriem, of iemand gebore wanneer die Son in die teken is.
Gebruik:
• Die Ram kan gesien word tussen regte klimming 1u44m en 3u27m en tussen deklinasie +10° en +31°.
• Jy is 'n Ram as jy van ongeveer 21 Maart tot 20 April gebore is.
Sinoniem:
• Aries
Vertaling:
Engels: the Ram, Aries
Nederlands: Ram
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.