Christus [boodskap #141988] |
Vr, 02 Junie 2023 15:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Christus
Afbreking: Chris•tus
Eienaam: Christus
Betekenis:
• 'n Verwysing na Jesus Christus, die seun van God.
Gebruik:
• Stefanus was die eerste martelaar vir Christus.
Sinoniem:
• Jesus
• Here
Afgelei:
• Christelik
• Christen
Vertaling:
Engels: Christ
Nederlands: Christus
Nota:
• Christus is die Griekse vertaling van die Aramese woord "messias", wat 'gesalfde' beteken. Christus kwalifiseer dus van watter Jesus daar gepraat word, maar het later 'n tweede naam vir Jesus van Nasaret geword.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|