verrimpel [boodskap #141978] |
Thu, 01 June 2023 20:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verrimpel
Afbreking: ver•rim•pel
Samestelling: ver- + rimpel
Byvoeglike naamwoord: verrimpel, verrimpeld
Vergrotende trap: verrimpelder
Oortreffende trap: verrimpeldste
Attributief: verrimpelde
Betekenis:
• Vol rimpels en plooie.
Gebruik:
• Die trane loop oor die ou man se verrimpelde gesig.
Sinoniem:
• rimpelrig
• verskrompel
Vertaling:
Engels: wrinkled
Nederlands: verrimpeld
Werkwoord: verrimpel
Verlede tyd: het verrimpel
Betekenis:
• Om rimpels te vorm.
Gebruik:
• 'n Mens se vingerpunte en tone verrimpel in warm water.
Vertaling:
Engels: to rimpel
Nederlands: verrimpelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|