Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pieperig
pieperig [boodskap #141969] Wed, 31 May 2023 15:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
pieperig
Afbreking: pie•pe•rig
Samestelling: piep + -erig


Byvoeglike naamwoord: pieperig
Vergrotende trap: pieperiger
Oortreffende trap: pieperigste
Attributief: pieperige
Partitief: pieperigs

Betekenis:
• Fyn, hoog of skril, soos die piep van 'n muis.
• Kleinserig of klaerig.
• Klein of swak.

Gebruik:
• "Wat is jou naam?" vra 'n pieperige stemmetjie agter my.
• Die kind makeer niks, hy is maar net 'n bietjie pieperig.
• Ek soek 'n groot stuk koek, nie so 'n pieperige stukkie nie!

Sinoniem:
• fyn
• kleinserig
• petieterig
• swak
• tenger
• verpiep

Afgelei:
• pieperigheid

Vertaling:
Engels: squeaky; sickly; small, weak
Nederlands: pieperig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanmelding
Volgende onderwerp: opgaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Dec 28 09:40:33 UTC 2024