Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bepaling
bepaling [boodskap #141952] Tue, 30 May 2023 11:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
bepaling
Afbreking: be•pa•ling
Samestelling: bepaal + -ing


Selfstandige naamwoord: bepaling
Meervoud: bepalings, bepalinge
Verkleinwoord: bepalinkie
Meervoud van verkleining: bepalinkies

Betekenis:
• Die handeling van bepaal/vasstel.
• Iets wat vasgestel is.
• (taalkunde) 'n Woord of uitdrukking wat een van die dele van 'n sin nader bepaal.

Gebruik:
• Die beheerraad is verantwoordelik vir die bepaling van beleid.
• Daar moet aan bepaling 12 van die wet gehoor gegee word.
• In die sin "Om ses uur gaan ons eet" is "om ses uur" 'n bepaling van tyd.

Sinoniem:
• aanwysing
• definisie
• klousule
• ordinansie
• stipulasie
• vasstelling
• verordening
• voorskrif

Hiponiem:
• beleidsbepaling
• feitebepaling
• gebiedsbepaling
• geslagbepaling
• gewigsbepaling
• grensbepaling
• hellingbepaling
• hoogtebepaling
• infinitiefbepaling
• inhoudbepaling
• inhoudsbepaling
• koersbepaling
• liggingsbepaling
• oorgangsbepaling
• plaasbepaling
• plekbepaling
• posisiebepaling
• prysbepaling
• rigtingsbepaling
• ruimtebepaling
• selfbepaling
• siektebepaling
• skadebepaling
• strafbepaling
• tariefbepaling
• tydsbepaling
• verbodsbepaling
• vogbepaling
• woordbepaling

Afkorting:
• bep.

Vertaling:
Engels: determination; stipulation, provision; adverbial phrase
Nederlands: bepaling

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vrypag
Volgende onderwerp: primêr
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Dec 28 23:42:39 UTC 2024