oorgee [boodskap #141947] |
Mon, 29 May 2023 19:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oorgee
Afbreking: oor•gee
Samestelling: oor + gee
Werkwoord: gee oor, oorgee
Verlede tyd: het oorgegee
Betekenis:
• Om iets aan iemand anders te gee.
• Om die stryd te staak en beheer aan iets of iemand anders te gee.
Gebruik:
• As jy 'n aflos hardloop moet jy die stokkie oorgee.
• Moenie skiet nie, ek gee oor! Hy het homself aan die polisie oorgegee.
Sinoniem:
• aangee
• oordra
• oorhandig
• kapituleer
Vertaling:
Engels: to hand over, pass on; to surrender, give up, yield
Nederlands: overgeven
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|