bedrieglik [boodskap #141946] |
Mon, 29 May 2023 18:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bedrieglik
Afbreking: be•drieg•lik
Samestelling: bedrieg + -lik
Byvoeglike naamwoord: bedrieglik
Vergrotende trap: bedriegliker
Oortreffende trap: bedrieglikste
Attributief: bedrieglike
Partitief: bedriegliks
Betekenis:
• Wat bedrieg en mislei; anders is as wat dit lyk.
Gebruik:
• Statistieke kan soms bedrieglik wees.
Sinoniem:
• agterbaks
• frauduleus
• glibberig
• leuenagtig
• listig
• misleidend
• onderduims
• oneerlik
• skelm
• slinks
• slu
• vals
• verraderlik
Antoniem:
• eerlik
• onbedrieglik
Afgelei:
• bedrieglikheid
Vertaling:
Engels: deceptive, deceitful, fraudulent
Nederlands: bedrieglijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|