Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » waterdraer
waterdraer [boodskap #141941] Mon, 29 May 2023 12:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Waterdraer.
'n Waterdraer.
waterdraer
Afbreking: wa•ter•dra•er
Samestelling: water + draer
Uitspraak: /ˈvɑːtərdrɑər/


Selfstandige naamwoord: waterdraer
Meervoud: waterdraers
Verkleinwoord: waterdraertjie
Meervoud van verkleining: waterdraertjies

Betekenis:
• Iets of iemand wat water dra.
• 'n Persoon wie se sterreteken die Waterdraer is; akwarius.
• (biologie) 'n Ou naam vir 'n manlike by, tegnies verkeerd; mannetjiesby; kapaterby; dar.
• (geologie) 'n Waterhoudende formasie onder die grond; akwifer.

Gebruik:
• Die waterdraers mag die rugbyveld gedurende onderbrekings of wanneer 'n drie gedruk is betree.
• As jy tussen 20 Januarie en 18 Februarie gebore is, is jy 'n waterdraer.
• Die swerm bestaan uit drie verskillende bye: die koningin, 'n paar waterdraers en die res is almal werkers.
• Die rivier is seisoenaal, maar water word deur die jaar van die waterdraer onttrek.

Vertaling:
Engels: water-carrier; aquarius; drone; aquifer
Nederlands: waterdrager; waterman; dar; aquifer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kapasiteit
Volgende onderwerp: frats
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 00:21:07 UTC 2024