onguur [boodskap #141936] |
Sun, 28 May 2023 18:00 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onguur
Afbreking: on•guur
Samestelling: on- + guur
Byvoeglike naamwoord: onguur
Vergrotende trap: onguurder
Oortreffende trap: onguurste
Attributief: ongure
Partitief: onguurs
Betekenis:
• Wat verdag is; met 'n slegte reputasie.
• Wat ontstuimig en winderig is (dieselfde betekenis as guur).
Gebruik:
• Pasop vir daardie ongure vent.
• Die weer was maar onguur.
Vertaling:
Engels: suspicious, unpleasant; stormy, windy
Nederlands: onguur
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|