Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » blaasop
blaasop [boodskap #141922] Thu, 25 May 2023 17:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Blaasop (vis).
'n Blaasop (vis).
'n Blaasop (padda).
'n Blaasop (padda).
blaasop
Afbreking: blaas•op


Selfstandige naamwoord: blaasop
Meervoud: blaasoppe
Verkleinwoord: blaasoppie
Meervoud van verkleining: blaasoppies

Betekenis:
• Klein giftige vissie wat sy lyf kan opblaas.
• Soort padda wat hom kan opblaas, die bosveldreënpadda.
• Plant met vrugteblasies.

Gebruik:
• Wanneer 'n blaasop skrik, suig hy water in om sy lyf groter en ronder te maak.
• Die blaasop is 'n padda wat die grootste gedeelte van sy lewe ondergronds in 'n slapende toestand deurbring.

Vertaling:
Engels: pufferfish, blowfish; bushveld rain frog
Nederlands: kogelvis; blaasop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vertroud
Volgende onderwerp: bloedweinig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sat Dec 28 23:58:14 UTC 2024