kapokaartappel [boodskap #141917] |
Wed, 24 May 2023 20:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kapokaartappel
Afbreking: ka•pok•aar•tap•pel
Samestelling: kapok + aartappel
Selfstandige naamwoord: kapokaartappel
Meervoud: kapokaartappels
Betekenis:
• Aartappels wat gekook, fyngedruk en met melk geklop is (totdat dit soos kapok lyk).
Gebruik:
• 'n Herderspastei kry gewoonlik 'n bolaag van gebakte kapokaartappel.
Vertaling:
Engels: mashed potato, mash
Nederlands: aardappelpuree
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|