suurstofarm [boodskap #141915] |
Wed, 24 May 2023 19:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
suurstofarm
Afbreking: suur•stof•arm
Samestelling: suurstof + arm
Byvoeglike naamwoord: suurstofarm
Vergrotende trap: suurstofarmer
Oortreffende trap: suurstofarmste
Attributief: suurstofarme
Betekenis:
• Met min of geen suurstof.
Gebruik:
• Die bloed in die are is suurstofarm, maar bloed in die slagare is suurstofryk.
Sinoniem:
• anaërobies
• gedeoksigeneerd
Antoniem:
• suurstofryk
Vertaling:
Engels: oxygen-deficient, deoxygenated
Nederlands: zuurstofarm
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|