slagaar [boodskap #141913] |
Wo, 24 Mei 2023 18:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
slagaar
Afbreking: slag•aar
Samestelling: slag + aar
Selfstandige naamwoord: slagaar
Meervoud: slagare
Verkleinwoord: slagaartjie
Meervoud van verkleining: slagaartjies
Betekenis:
• 'n Bloedvat wat suurstofryke bloed van die hart (met elke slag) na die res van die liggaam vervoer.
Gebruik:
• Die eerste en grootste slagaar is die aorta aan die linkerkant van die hart.
• Wanneer 'n slagaar beseer is, sal helderrooi bloed dikwels al polsende uit die wond spuit.
Sinoniem:
• arterie
Hiponiem:
• dyslagaar
• gesigslagaar
• hoofslagaar
• ingewandslagaar
• kopslagaar
• kroonslagaar
• lewerslagaar
• longslagaar
• miltslagaar
• nekslagaar
• okselslagaar
Afgelei:
• slagaarbloeding
• slagaarbreuk
• slagaarverdikking
• slagaarverharding
• slagaarverkalking
• slagaarvernouing
• slagaarverwyding
Vertaling:
Engels: artery
Nederlands: slagader
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|