Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » martelaar
martelaar [boodskap #141905] Wo, 24 Mei 2023 11:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20785
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
martelaar
Afbreking: mar•te•laar
Samestelling: martel + -aar


Selfstandige naamwoord: martelaar
Meervoud: martelaars, martelare
Verkleinwoord: martelaartjie
Meervoud van verkleining: martelaartjies

Betekenis:
• Iemand wat gemartel word. Persoon wat vir 'n goeie saak ly of sterf.
• (informeel) Iemand wat ander martel.

Gebruik:
• Talle Christene is as martelare op die brandstapel verbrand.
• My tandarts is 'n regte martelaar (eintlik folteraar, sadis of wreedaard).

Afgelei:
• martelaarsaanbidding
• martelaarsbloed
• martelaarskap
• martelaarskroon
• martelaarsverering

Vertaling:
Engels: martyr
Nederlands: martelaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: deler
Volgende onderwerp: martel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 05:04:39 MGT 2024