viering [boodskap #141889] |
Ma, 22 Mei 2023 18:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
viering
Afbreking: vie•ring
Samestelling: vier + -ing
Selfstandige naamwoord: viering
Meervoud: vieringe, vierings
Verkleinwoord: vierinkie
Meervoud van verkleining: vierinkies
Betekenis:
• Die handeling van vier, of 'n geleentheid waartydens iets feestelik gevier word.
Gebruik:
• Voor die viering van die paasfees het Jesus reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan. [Johannes 13:1]
Hiponiem:
• feesviering
• nagmaalviering
• Nuwejaarsviering
• Sabbatsviering
• Sondagviering
• verjaardagviering
Vertaling:
Engels: celebration
Nederlands: viering
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|