waaghals [boodskap #141887] |
Ma, 22 Mei 2023 17:07 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
waaghals
Afbreking: waag•hals
Samestelling: waag + hals
Selfstandige naamwoord: waaghals
Meervoud: waaghalse
Verkleinwoord: waaghalsie
Meervoud van verkleining: waaghalsies
Betekenis:
• Iemand wat baie waag. Persoon wat riskante gedrag toon.
Gebruik:
• Die waaghals spring met 'n valskerm van die wolkekrabber se dak af.
Sinoniem:
• avonturier
• dolleman
• durfal
• kansvatter
• waagduiwel
Afgelei:
• waaghalsery
• waaghalsig
Vertaling:
Engels: dare-devil, rash person
Nederlands: waaghals
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|