laggas [boodskap #141883] |
So, 21 Mei 2023 15:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
laggas
Afbreking: lag•gas
Samestelling: lag + gas
Selfstandige naamwoord: laggas
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Kleurlose, taamlik onreaktiewe gas met 'n soeterig smaak en 'n narkotiese werking.
Gebruik:
• Laggas maak 'n mens eers vrolik waarna dit jou bedwelm.
• Tandartse het vroeër laggas as 'n vorm van narkose gebruik.
Sinoniem:
• distikstofmonoksied
• distikstofoksied
Vertaling:
Engels: laughing gas, nitrous oxide
Nederlands: lachgas
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|