Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verkoper
verkoper [boodskap #141875] Vr, 19 Mei 2023 09:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20785
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verkoper
Afbreking: ver•ko•per
Samestelling: verkoop + -er


Selfstandige naamwoord: verkoper
Meervoud: verkopers
Verkleinwoord: verkopertjie
Meervoud van verkleining: verkopertjies

Betekenis:
• Iemand wat iets verkoop. Persoon wat produkte of dienste vir geld verruil.

Gebruik:
• Ek het 'n aanbod gemaak, maar die verkoper wou dit nie aanvaar nie.

Sinoniem:
• handelaar
• smous
• verkoopspersoon

Antoniem:
• aankoper
• koper

Hiponiem:
• aanklopverkoper
• alleenverkoper
• blitsverkoper
• boekverkoper
• brilverkoper
• kinderverkoper
• koerantverkoper
• koffieverkoper
• sielverkoper
• tabakverkoper
• visverkoper

Afgelei:
• verkopersaandeel

Vertaling:
Engels: seller, salesman
Nederlands: verkoper


Werkwoord: verkoper
Verlede tyd: het verkoper

Betekenis:
• Om met 'n dun lagie koper te bedek.

Gebruik:
• Hy verkoper die pot en versilwer die pan.

Afgelei:
• verkopering

Vertaling:
Engels: to copper
Nederlands: verkoperen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: voorblad
Volgende onderwerp: mensliewend
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 03:57:09 MGT 2024