voorblad [boodskap #141874] |
Do, 18 Mei 2023 19:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voorblad
Afbreking: voor•blad
Samestelling: voor + blad
Selfstandige naamwoord: voorblad
Meervoud: voorblaaie
Verkleinwoord: voorbladjie
Meervoud van verkleining: voorbladjies
Betekenis:
• Die eerste bladsy van 'n boek, koerant, tydskrif of ander publikasie.
Gebruik:
• Die skandalige berig is op die voorblad van die koerant.
Sinoniem:
• buiteblad
• titelblad
• titelbladsy
Antoniem:
• agterblad
Afgelei:
• voorbladartikel
• voorbladnuus
• voorbladstorie
Vertaling:
Engels: front page, cover page
Nederlands: voorblad
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|