inneem [boodskap #141868] |
Do, 18 Mei 2023 13:47 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
inneem
Afbreking: in•neem
Samestelling: in + neem
Werkwoord: neem in, inneem
Verlede tyd: het ingeneem
Betekenis:
• Om na binne te vat.
• Iets te verstaan/begryp.
• Om 'n posisie te beset of 'n houding aan te neem.
Gebruik:
• Sy kon geen kos inneem nie. Die soldate neem die stad in.
• 'n Mens kan nie soveel inligting in 'n kort tydjie inneem nie.
• Neem julle plekke in. Hy het 'n dreigende houding ingeneem.
Afgelei:
• innemend
Vertaling:
Engels: to bring in, take in; to understand; to occupy
Nederlands: innemen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|