drostery [boodskap #141865] |
Do, 18 Mei 2023 08:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
drostery
Afbreking: dros•te•ry
Samestelling: dros + -(t)ery
Selfstandige naamwoord: drostery
Meervoud: –
Betekenis:
• Die handeling van dros; om sonder (meestal militêre) verlof van die werk af weg te bly.
Gebruik:
• Drostery is algemeen in Januarie wanneer mense moet terugkeer werk toe.
Sinoniem:
• drosinsident
Vertaling:
Engels: desertion
Nederlands: desertie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|