knak [boodskap #141849] |
Ma, 15 Mei 2023 17:02 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
knak
Afbreking: knak
Selfstandige naamwoord: knak
Meervoud: knakke
Verkleinwoord: knakkie
Meervoud van verkleining: knakkies
Betekenis:
• Die klappende klank van iets wat skielik breek of uit gelit spring.
• Die plek waar iets deels breek of uit gelit spring, sonder om morsaf te wees.
• (figuurlik) Skade of 'n knou wat toedien is.
Gebruik:
• Sy arm het met 'n harde knak gebreek.
• Die stok het al twee knakke in.
• Haar gesondheid het 'n knak gekry.
Afgelei:
• knakbreuk
• knaklas
• knakplek
• knakpunt
• knakvoeg
• knakwors
Vertaling:
Engels: krack, snap; damage, set-back
Nederlands: knak
Werkwoord: knak
Verlede tyd: het geknak
Betekenis:
• Om 'n knak te kry of te laat hoor.
• (figuurlik) Om iemand te benadeel; skade berokken.
Gebruik:
• Moenie jou vingers so knak nie. Die spoorsnyer sien 'n takkie wat geknak het.
• Staan sterk en moenie onder die druk knak nie.
Afgelei:
• afknak
• knakking
Vertaling:
Engels: to crack, hurt
Nederlands: knakken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|