brom [boodskap #141844] |
Ma, 15 Mei 2023 12:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
brom
Afbreking: brom
Werkwoord: brom
Verlede tyd: het gebrom
Teenwoordige deelwoord: brommende
Betekenis:
• Om 'n dowwe geluik met lae toonhoogte te maak.
• (figuurlik) Om binnemonds te praat, gewoonlik om te mor en te kla.
Gebruik:
• Hoor hoe brom die wind om ons huis. [Amanda Strydom]
• In die teekamer brom hulle oor spankeuses.
Spreekwoord:
• Hy brom in sy baard. [Mompel om ontevredenheid weer te gee.]
• Die een arend brom nie teenoor 'n ander nie. [Twee persone wat ewe sterk is, het vir mekaar ontsag.]
Sinoniem:
• grom
• mompel
• mor
• murmureer
• prewel
• pruttel
• rommel
Afgelei:
• brombeer
• brombees
• bromfiets
• bromgeluid
• brommer
• bromponie
• brompot
• bromtol
• bromvoël
Vertaling:
Engels: to hum, buzz, drone; to grumble
Nederlands: brommen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|