bronnelys [boodskap #141843] |
Ma, 15 Mei 2023 11:43 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bronnelys
Afbreking: bron•ne•lys
Samestelling: bron + -ne + lys
Selfstandige naamwoord: bronnelys
Meervoud: bronnelyste
Verkleinwoord: bronnelyssie
Meervoud van verkleining: bronnelyssies
Betekenis:
• 'n Lys van bronne wat nageslaan of aangehaal is.
Gebruik:
• Dit is skokkend dat studente nie weet hoe om na bronne in 'n teks te verwys of hoe om 'n bronnelys saam te stel nie.
Sinoniem:
• bibliografie
• bronverwysings
• literatuurlys
Vertaling:
Engels: source list
Nederlands: bronnenlijst
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|