skeepsdokter [boodskap #141839] |
Ma, 15 Mei 2023 09:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skeepsdokter
Afbreking: skeeps•dok•ter
Samestelling: skeep(skip) + -s- + dokter
Selfstandige naamwoord: skeepsdokter
Meervoud: skeepsdokters
Verkleinwoord: skeepsdoktertjie
Meervoud van verkleining: skeepsdoktertjies
Betekenis:
• 'n Dokter wat na die gesondheid van die mense op 'n skip omsien.
Gebruik:
• Die skeepsdokter het skeurbuik onder die bemanning gediagnoseer.
Sinoniem:
• chirurgyn (histories)
• skeepsarts
Vertaling:
Engels: ship's doctor, ship's surgeon
Nederlands: scheepsdokter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|