swetswoord [boodskap #141826] |
Vr, 12 Mei 2023 17:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
swetswoord
Afbreking: swets•woord
Samestelling: swets + woord
Selfstandige naamwoord: swetswoord
Meervoud: swetswoorde
Verkleinwoord: swetswoordjie
Meervoud van verkleining: swetswoordjies
Betekenis:
• 'n Lelike woord waarmee iemand vloek/swets.
Gebruik:
• Hy kon iemand slegsê dat die see hom nie kan skoonwas nie sonder om 'n enkele swetswoord te gebruik.
Sinoniem:
• kragwoord
• kruwoord
• skelwoord
• vloekwoord
Vertaling:
Engels: swear word
Nederlands: scheldwoord
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|