knipoog [boodskap #141824] |
Fri, 12 May 2023 10:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
knipoog
Afbreking: knip•oog
Samestelling: knip + oog
Werkwoord: knipoog
Verlede tyd: het geknipoog
Betekenis:
• Om 'n oog te knip; om met die oog te wenk.
Gebruik:
• Sy bloos toe ek vir haar knipoog.
Afgelei:
• knipogend
Vertaling:
Engels: to wink
Nederlands: knipogen
Selfstandige naamwoord: knipoog
Meervoud: knipoë
Verkleinwoord: knipogie
Meervoud van verkleining: knipogies
Betekenis:
• 'n Oog wat knip (toe en oopmaak).
• (figuurlik) 'n Flikkerlig of kniplig.
Gebruik:
• Ek wonder wat beteken daai knipoog?
• Die motor se voorste knipoog is stukkend.
Vertaling:
Engels: wink; flasher
Nederlands: knipoog
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|