aankondig [boodskap #141820] |
Do, 11 Mei 2023 19:03 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aankondig
Afbreking: aan•kon•dig
Samestelling: aan + kondig
Werkwoord: kondig aan, aankondig
Verlede tyd: het aangekondig
Betekenis:
• Om iets plegtig bekend te maak.
• Om in te lui of te voorspel.
Gebruik:
• Die koningin se dood is op TV aangekondig.
• Die swaels kondig die lente aan.
Sinoniem:
• bekendmaak
• bekendstel
• meld
• proklameer
• rapporteer
Afgelei:
• aankondiger
• aankondiging
Vertaling:
Engels: to announce, notify
Nederlands: aankondigen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|