kiewiet [boodskap #141816] |
Do, 11 Mei 2023 09:20 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kiewiet
Afbreking: kie•wiet
Selfstandige naamwoord: kiewiet
Meervoud: kiewiete, kiewiets
Verkleinwoord: kiewietjie
Meervoud van verkleining: kiewietjies
Betekenis:
• 'n Waadvoël en steltloper in die subfamilie Charadriinae.
Gebruik:
• Die kiewiet is 'n grondbewoner wat op binnelandse vlaktes, langs die kus, by strandmere, asook binnelandse waters aangetref word.
Hiponiem:
• bontkiewiet
• kroonkiewiet
• strandkiewiet
Afgelei:
• kiewieteier
• kiewietkuiken
• kiewietnes
Vertaling:
Engels: crowned lapwing, plover, peewit
Nederlands: kievit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|