vlekkeloos [boodskap #141806] |
Wo, 10 Mei 2023 13:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vlekkeloos
Afbreking: vlek•ke•loos
Samestelling: vlek + -e- + -loos
Byvoeglike naamwoord: vlekkeloos
Vergrotende trap: vlekkeloser
Oortreffende trap: vlekkeloosste
Attributief: vlekkelose
Betekenis:
• Sonder vlekke, meestal figuurlik, sonder foute of sonder sonde.
Gebruik:
• Ons span handhaaf die seisoen sover 'n vlekkelose rekord wat moeilik geklop gaan word.
Sinoniem:
• onbesmet
• onberispelik
• onbesoedeld
• onbevlek
• rein
• smetteloos
• smetvry
• sondeloos
• vlekvry
Afgelei:
• vlekkeloosheid
Vertaling:
Engels: spotless, stainless; flawless, without errors
Nederlands: vlekkeloos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|