sprakeloos [boodskap #141802] |
Wed, 10 May 2023 07:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sprakeloos
Afbreking: spra•ke•loos
Samestelling: spraak + -e- + -loos
Byvoeglike naamwoord: sprakeloos
Vergrotende trap: sprakeloser
Oortreffende trap: sprakeloosste
Attributief: sprakelose
Betekenis:
• Wat nie kan praat nie, meestal figuurlik, stom van verbasing of ontsteltenis.
Gebruik:
• Ek was stom en sprakeloos, ek het geswyg, nie gepraat nie, maar my smart het al hoe groter geword. [Psalms 39:3]
Wisselvorm:
• spraakloos
Sinoniem:
• dronkgeslaan
• oorbluf
• oorstelp
• stomgeslaan
• verbaas
• verbluf
• verbyster
• verdwaas
• verstom
• woordeloos
Afgelei:
• sprakeloosheid
Vertaling:
Engels: speechless, tongue-tied, at a loss for words
Nederlands: sprakeloos
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|