Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » Afrikaner
Afrikaner [boodskap #141796] Di, 09 Mei 2023 12:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20785
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Afrikaner
'n Afrikaner
Afrikaner
Afbreking: A•fri•ka•ner
Samestelling: Afrika + -ner
Uitspraak: /ɑfriˈkɑːnər/, /ɑfrəˈkɑːnər/


Selfstandige naamwoord: Afrikaner
Meervoud: Afrikaners
Verkleinwoord: Afrikanertjie
Meervoud van verkleining: Afrikanertjies

Betekenis:
• 'n Etniese groep van Europese oorsprong aan die suidpunt van Afrika wat Afrikaans praat.
• 'n Geharde beesras van Suid-Afrika, Bos indicus.

Gebruik:
• Die Afrikaner is die oudste en grootste van Suid-Afrika se twee inheemse blanke bevolkings.
• 'n Afrikaner is 'n bees, ek is 'n Boer! 'n Afrikaner het 'n hoë skof met weglêhorings.

Sinoniem:
• Afrikaander (verouderd)

Afgelei:
• Afrikaner-weerstandsbeweging
• Afrikanerbees
• Afrikanermans
• Suid-Afrikaner
• Suidwes-Afrikaner

Verwant:
• Boer

Vertaling:
Engels: Afrikaner; Afrikander
Nederlands: Afrikaner
Xhosa: iBhulu
Zoeloe: iBhunu

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sperstreep
Volgende onderwerp: gemmerbier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 24 05:57:39 MGT 2024