Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » snouerig
snouerig [boodskap #141789] Mon, 08 May 2023 19:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
snouerig
Afbreking: snou•e•rig
Samestelling: snou + -erig


Byvoeglike naamwoord: snouerig
Vergrotende trap: snoueriger
Oortreffende trap: snouerigste
Attributief: snouerige

Betekenis:
• Wat ongeskik en kortaf is.

Gebruik:
• Sy het snouerig geantwoord dat sy nie tyd het vir my nonsens nie.

Sinoniem:
• bars
• bitsig
• iesegrimmig
• katterig
• kortaf
• snipperig

Afgelei:
• snouerigheid

Vertaling:
Engels: snappy, snarly, grumpy
Nederlands: snauwerig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oordrywing
Volgende onderwerp: plekmat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 00:33:51 UTC 2024