wierook [boodskap #141771] |
Sat, 06 May 2023 19:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
wierook
Afbreking: wie•rook
Selfstandige naamwoord: wierook
Meervoud: –
Betekenis:
• Die rook van aromatiese stowwe (soos gomhars) wat in plekke van aanbidding gebrand word.
Gebruik:
• Jy moet 'n altaar van doringhout maak om daarop wierook te brand. [Eksodus 30:1]
Afgelei:
• bewierook
• wierookaltaar
• wierookboom
• wierookbrander
• wierookdamp
• wierookdraer
• wierookgeur
• wierookoffer
• wierookwalm
• wierookwolk
Vertaling:
Engels: incense, frankincense
Nederlands: wierook
Nota:
• Die woord wierook kom meer as 'n honderd keer in die Bybel voor.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|