ontwortel [boodskap #141753] |
Fri, 05 May 2023 14:37 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ontwortel
Afbreking: ont•wor•tel
Samestelling: ont- + wortel
Werkwoord: ontwortel
Verlede tyd: het ontwortel
Betekenis:
• Om 'n plant se wortels uit die grond uit te trek.
• (figuurlik) Om iets/iemand vanuit 'n omgewing waarin hulle floreer te verwyder.
Gebruik:
• Die olifante het 'n klomp bome ontwortel.
• Die sikloon het duisende mense ontwortel en vele meer sonder krag gelaat.
Sinoniem:
• uithaal
• uitkap
• uittrek
• ontheem
Afgelei:
• ontworteld
• ontwortelde
• ontworteling
Vertaling:
Engels: to uproot, deracinate
Nederlands: ontwortelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|