belegging [boodskap #141742] |
Thu, 04 May 2023 19:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
belegging
Afbreking: be•leg•ging
Selfstandige naamwoord: belegging
Meervoud: beleggings, belegginge
Verkleinwoord: belegginkie
Meervoud van verkleining: belegginkies
Betekenis:
• 'n Finansiële skema wat na verwagting 'n opbrengs sal lewer.
• Die byeenroeping of konstituering van 'n vergadering.
Gebruik:
• Maak seker jy belê jou geld in 'n belegging wat inflasie klop.
• 'n Kennisgewing ter belegging van die vergadering moet 'n week voor die vergadering aan lede gestuur word.
Hiponiem:
• aandelebelegging
• geldbelegging
• kapitaalbelegging
• langtermynbelegging
• termynbelegging
Afgelei:
• beleggingstrategie
Vertaling:
Engels: investment
Nederlands: belegging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|