kommissaris [boodskap #141737] |
Do, 04 Mei 2023 13:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kommissaris
Afbreking: kom•mis•sa•ris
Selfstandige naamwoord: kommissaris
Meervoud: kommissarisse
Verkleinwoord: kommissarissie
Meervoud van verkleining: kommissarissies
Betekenis:
• 'n Senior amptenaar wat afgevaardig of gevolmagtig is om 'n bepaalde taak uit te voer.
Gebruik:
• Die polisie se nasionale kommissaris het die provinsiale kommissarisse gevra om die nuwe polisiëringsplan te implementeer.
Sinoniem:
• afgevaardigde
• gevolmagtigde
• hoofbeampte
Afgelei:
• assistentkommissaris
• distrikskommissaris
• kommissaris-generaal
• handelskommissaris
• polisiekommissaris
• spoorwegkommissaris
• verkiesingskommissaris
Afkorting:
• komm.
Vertaling:
Engels: commissioner
Nederlands: commissaris
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|