Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tamboer
tamboer [boodskap #141733] Wed, 03 May 2023 19:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die tamboer en koepel van 'n gebou.
Die tamboer en koepel van 'n gebou.
tamboer
Afbreking: tam•boer


Selfstandige naamwoord: tamboer
Meervoud: tamboere
Verkleinwoord: tamboertjie
Meervoud van verkleining: tamboertjies

Betekenis:
• 'n Drom (meestal draagbaar).
• 'n Tromspeler wat die pas aangee waarop gemarsjeer word.
• (boukunde) Die regop deel van 'n gebou waarop 'n koepel rus; koepeltrommel.

Gebruik:
• Die trompoppies marsjeer op die slag van 'n tamboer.
• Die orkes te tamboer het nie opgedaag nie.
• Die katedraal het twee tamboere wat met goue koepels versier is.

Afgelei:
• tamboereer
• tamboermajoor
• tamboermeisie
• tamboernooi
• tamboerslaner
• tamboerstok
• tamboerwerk

Vertaling:
Engels: tambour, marching drum; drummer; tholobate
Nederlands: tamboer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: antikwaries
Volgende onderwerp: rolspeler
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 16:46:21 UTC 2024