Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » terugbetaal
terugbetaal [boodskap #141729] Wo, 03 Mei 2023 17:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
terugbetaal
Afbreking: te•rug•be•taal
Samestelling: terug + betaal


Werkwoord: terugbetaal
Verlede tyd: het terugbetaal

Betekenis:
• Om te betaal wat geleen of voorgeskiet is.
• Om wraak te naam.

Gebruik:
• Die lening moet oor 25 jaar terugbetaal word.
• As jy my seermaak gaan ek jou dubbeld terugbetaal!

Spreekwoord:
• Met gelyke munt terugbetaal. [Dieselfde aan 'n ander doen wat hy aan jou gedoen het; resiproseer.]

Afgelei:
• terugbetaalbaar
• terugbetaling

Vertaling:
Engels: to pay back, repay, refund
Nederlands: terugbetalen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ondersteuning
Volgende onderwerp: strafhof
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Nov 27 23:35:29 MGT 2024