Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verraderlik
verraderlik [boodskap #141717] Tue, 02 May 2023 11:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
verraderlik
Afbreking: ver•ra•der•lik


Byvoeglike naamwoord: verraderlik
Vergrotende trap: verraderliker
Oortreffende trap: verraderlikste
Attributief: verraderlike
Partitief: verraderliks

Betekenis:
• Wat verraad pleeg; bedrieglik is en nie vertrou kan word nie.

Gebruik:
• Simon die Weldoener se skoonseun het hom tydens 'n ete verraderlik na die plek genooi waar hy hom later vermoor het.

Sinoniem:
• agterbaks
• bedrieglik
• dubbelhartig
• listig
• onderduims
• oneerlik
• skelm
• troueloos

Afgelei:
• verraderlikheid

Vertaling:
Engels: treacherous, traitorous
Nederlands: verraderlijk

Nota:
• "Verraader" is Nederlands vir 'n verraaier.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: versinnebeeld
Volgende onderwerp: plaashuis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 17:04:29 UTC 2024