Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » identiteit
identiteit [boodskap #141715] Tue, 02 May 2023 11:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
identiteit
Afbreking: i•den•ti•teit


Selfstandige naamwoord: identiteit
Meervoud: identiteite
Verkleinwoord: identiteitjie
Meervoud van verkleining: identiteitjies

Betekenis:
• 'n Kenmerk wat jou van ander mense onderskei en bepaal wie jy is.
• (wiskunde) 'n Gelykheid.

Gebruik:
• Die vorming van 'n eie identiteit is problematies in 'n samelewing waarin mense nie kans sien om in hulle voorouers se voetspore te volg nie.
• Die vergelyking (x+y)(x−y) = x2−y2 is 'n algebraïese identiteit.

Sinoniem:
• eiesoortigheid
• ekheid
• individualiteit
• persoonlikheid

Hiponiem:
• beroepsidentiteit
• dienspligidentiteit
• geloofsidentiteit
• gesinsidentiteit
• geslagsidentiteit
• landburgeridentiteit
• leerlingidentiteit
• persoonsidentiteit
• selfidentiteit

Afgelei:
• identiteitloos
• identiteitsbedrog
• identiteitsbewys
• identiteitsdiefstal
• identiteitsdokument
• identiteitsgevoel
• identiteitskaart
• identiteitskrisis
• identiteitsoorlog
• identiteitsplaatjie
• identiteitsertifikaat
• identiteitsvorming

Verwant:
• identifiseer

Vertaling:
Engels: identity
Nederlands: identiteit

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: paniekerig
Volgende onderwerp: versinnebeeld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sun Dec 29 17:25:11 UTC 2024