stormdronk [boodskap #141712] |
Tue, 02 May 2023 09:30 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stormdronk
Afbreking: storm•dronk
Samestelling: storm + dronk
Byvoeglike naamwoord: stormdronk
Attributief: stormdronk
Betekenis:
• Intensiewe vorm van dronk. Baie dronk.
Gebruik:
• Die man kom stormdronk uit die kroeg gestrompel.
Sinoniem:
• diepdronk
• dikdronk
• horingdronk
• poepdronk
• papdronk
• smoordronk
• stomdronk
Vertaling:
Engels: pissed drunk, sodden, blottoed
Nederlands: stomdronken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|